Waterblommetjie Langtafel Ete

Waterblommetjies, Langtafel, Wellington Wines
Wat is meer sinoniem met ‘n koue wintersdag in die Boland as ‘n knetterende kaggelvuur, ‘n glas rooiwyn en ‘n stomende pot waterblommetjiebredie?

Die antwoord is eenvoudig – NIKS!

Ons nooi u uit om saam met ons hierdie eg-Bolandse gereg en ons wyne te geniet, en terselfdertyd die gasvryheid te ervaar van ‘n tipiese Wellington-kuier rondom ‘n langtafel, terwyl ‘n kaggelvuur die koue in toom hou.

Daar is natuurlik nie ‘n beter kok in Wellington om vir jou ‘n lekker bord boerekos voor te sit as ons dorp se eie “tannie” Retha Rix van Rix Catering nie!

Ongelukkig kan ons slegs 30 gaste akkommodeer, wat egter die voordeel inhou van ‘n lekker gesellige ete.

Kaartjies kos R295 per persoon en is beskikbaar op ons webtuiste, en sluit ‘n glas DUKE wyn van jou keuse in.

Al ons wyne sal beskikbaar wees om te koop op die aand, en kaartjiehouers sal geregtig wees op ‘n 10% afslag – nie net vir wyn om saam met jou ete te geniet nie, maar ook om huis toe te neem.

Ons sien uit daarna om u te verwelkom!

Datum: Donderdag 28 Julie 2022
Tyd: 18h30
Plek: Wellington Wines Proelokaal, Bainskloof Road

Spyskaart:
Voorgereg: varsgebakte plaasbrood, vetkoek, botter, tuisgemaakte konfyt en kaas

Hoofgereg: waterblommetjiebredie met gremolata, rys en pampoenkoekies

Nagereg: gebakte vrugtepoeding met roomys

0
    0
    Your Basket
    Your basket is emptyReturn to Shop